| Other |
|
|
|
|
Cradock Toer: 29 – 31 Oktober 2009:
So trek ons weer af Cradock toe, Donderdag 29 Oktober 2009. Cradock is ver. Verder as wat Winburg van Senekal af is; baie, baie verder. Van Senekal af is dit ‘n klomp ure se ry. Ons het die tog aangepak met 10 ruiters en 9 perde. Ons het moeg, doodmoeg, op Cradock aangekom.
Cradock is ‘n Oos Kaapse dorp in die Karoo. Dit het ‘n mooi en unieke natuurskoon. Ons het tuisgegaan in die Cradock spa.
Ons is goed ontvang deur Ezelle Marais en haar span. Hulle het vir ons perde beddegoed en lusern verskaf. Op die vertonersonthaal is ons warm verwelkom en almal het uitgesien daarna om ons SA Boerperde te sien.
Ons het op Vrydag, 30 Oktober, in spanverband deelgeneem aan ‘n 3 Gang en ‘n 5 Gang Skou – Perd (“Performance”) klas teen die Kaapse Boerperd spanne. Ons kinders en perde het hul bes gedoen en werklik goed presteer, en ‘n goeie tweede plek verwerf. Tog kan mens wel tweede kom, maar steeds die harte van mense wen: op versoek van die toeskouers, het ons die Saterdag ‘n 3 Gang en ‘n 5 Gang vertoning gelewer. Ons het ‘n staande ovasie deur die groot skare ontvang…!
Die kinders het die toer en kompetisie baie geniet. Ons het lekker gebraai en lekker gekuier. Die pad terug was weer lank. Met dankbaarheid het ons almal weer veilig by ons huise uitgekom.
Ons is dankbaar vir almal wat die toer moontlik genaak het. ‘n Paar bedankings moet uitgelig word: 1.] Raad van die SA Boerperdtelersgenootskap, 2.] Die kinders wat geoeffen het en hulle tyd gegee het om ons ras te verteenwoordig, 3.] Die ouers wat hulle kinders en perde van ver af (so ver as Pretoria en Vryheid) aangery het, oor ‘n paar dae, na die kompetisie toe, 4.] Die mense wat ekstra perde verskaf het, 5.] Cradock Skou en die Kaapse Boerperd Telersgenootskap wat die kompetisie moontlik gemaak het.
Berig en fotos verskaf deur Henry Krog. Die Cradock Natuurskoon:
Ons Blyplek:
Ons Woning:
Toeskouers by Cradock Skou:
'n Paar van ons SA Boerperd Ouers wat saam getoer het:
Ons Telersgenootskap- en van ons stoete wie se perde en ruiters deelgeneem het se advertensies:
Ons SA Boerperd Span: Agter, Links na Regs: Michiel Burger (5 Gang), Frans Burger (5 Gang) Voor, Links na Regs: Hannelie Schytes (3 Gang), Dedre Cloete (3 Gang & 5 Gang), Riekie Engelbrecht (5 Gang), Jarred Burger (3 Gang), Carli Terreblanche (5 Gang), Danell Theron (3 Gang), Madeli Bosch (3 Gang) Die Bekendstelling van ons SA Boerperd Spanne:
Die Oorhandiging van die Silwer Medalje aan ons SA Boerperd spanne:
Ons spanne met hulle medaljes: ONS IS TROTS OP JULLE!
|
| Last Updated ( Tuesday, 01 December 2009 19:21 ) |
Other











