Sunday, 05 February 2012
Western Cape PDF Print E-mail

Voorsitter / Chairperson:

Matthys Streicher

Contact Nr. / Kontak Nr.:

+27 (0)28 452 - 1663

+27 (0)76 127 - 1841

 

Onder - Voorsitter / Vice Chairman:

Tielman Roos:

Contact Nr. / Kontak Nr.:

+27 (0)83 261 - 6630  

 

Secretary - Treasurer / Sekretaris - Tessourier:

Johannes Langenhoven

Contact Nr. / Kontak Nr.:

+27 (0)28 512 - 3604

+27 (0)83 314 - 0913 


WP Klub Nuusbrief: Somer 2010 

Hessekwa_Aqua1

Hessekwa Aqua (Foto deur Deon Harris) 

Ons is aan die einde van 2010, wat as ‘n suksesvolle jaar met vele SA Boerperdrekords vir WP Klublede beskryf kan word.

Op die Nasionale SA Boerperdkampioenskappe te Parys op die 29/09 tot 01/10, het daar ‘n paar uitsonderlike prestasies plaasgevind en ons wil graag die volgende perde en persone uitsonder:

Baie geluk aan Andries Streicher, eienaar en teler van Hessekwa Aqua. Hierdie perd is die eerste in die geskiedenis van die SABP Genootskap om ‘n  Nasionale kampioenskapstiteldraer te wees in die Tradisionele 3-gang. 5-gang en siertuig.

Kobie Smit is die afrigter van Hessekwa Aqua en verdien ‘n spesiale woord van gelukwensing vir die uiters suksesvolle en professionele manier waarop hierdie perd afgerig word.

As teelhings wil ons ook vir Hessekwa Aqua gelukwens met ‘n rekord van ‘n aangetekende nageslag wat 100% Nasionale tradisionele 3-gang kampioene opgelewer het. Sy vul Samjak Lawaai was die jongste perd ooit om as ‘n Nasionale Tradisionele 3-gang Kampioen gekroon te word, en ‘n ander, Hessekwa Flikker, is weer deur een van die jongste ruiters ooit gery om ‘n Nasionale Tradisionele 3-gang Kampioen te word .  

Hessekwa_Flikker

Hessekwa Flikker (Foto deur Deon Harris) 

Baie geluk aan die Uys Familie, en in die besonder Ansie Uys, met die kroning van Hessekwa Flikker as die Nasionale Tradisionele 3-gang Kampioen 2010. Hiermee is Ansie een van die jongste ruiters ooit om hierdie titel te verower! Baie geluk ook aan Johan Kleynhans met die rekordtyd waarin hierdie perd en ruiter afgerig is. 

Die volgende persone verdien ook ‘n besonderse woord van gelukwensing.

Johannes Langenhoven met sy Nasionale Tradisionele Siertuigkampioen Langsig Hoogmoed, onder die afrigting van Johan Kleynhans.

Die Schutte familie met Lang Carel Clivia, wat as die Onder 4 Nasionale Enkeltuig Kampioen gekroon is. Johan Kleynhans is weereens die afrigter.

AJ Burger met Lang Carel Vrystaat wat as die Nuweling Tradisionele 5-gang kampioen gekroon is.  

Baie geluk ook aan al die ander deelnemers, sommiges meer suksesvol as ander, maar ons vertrou dit was ‘n leerskool vir almal en dat waardevolle ondervinding hieruit verkry is. 

Hou gerus Farmers Weekly van 5 November dop vir foto uitslae van die SA Boerperd Nasionale Kampioenskappe.  

‘n Vriendelike herinnering aan alle telers om asseblief seker te maak al hulle merries is ge-DNA voor Junie 2011. Indien u navrae het, kontak asseblief u streeksverteenwoordiger.

‘n Voorspoedige teelseisoen aan almal, ons hoop ‘n hele paar nuwe kampioene word gebore en sterkte met die voorbereidings vir Riversdal 2011! 

Geseende Kersfees en voorspoedige 2011 aan elkeen .

Matthys Streicher


Last Updated ( Monday, 01 November 2010 17:47 )