| Mpumalanga |
|
|
|
2009 Hoëveld SA Boerperd klub plesier rit te Badplaas Forever Resorts. Familie en vriende het vanaf 16 - 20 Desember by Badplaas Forever Resorts se perdestalle bymekaar gekom vir die jaarlikse plesier rit. Daar is van vroeg af perde afgelaai en kampplek opgeslaan en toe almal reg is later die middag, was daar rustig gesit en kuier om die kampvuur met perde wat vrylik tussen die tente en karavane rondbeweeg. Die oggend van die 17de was daar vroegdag opgesaal om teen 7 uur te vertrek na die nabye Natuurreservaat. Dit was lekker om die groot name van die skouring ook op 'n plessierrit te sien met ruiters wat in ouderdomme wissel van so jonk as 3 jaar tot so oud as 62 jaar. Wat besonder uitgestaan het was die rustige temperament van die SA Boerperd waarmee die klein kindertjies gery het en hul hanteerbaarheid. Wat die rit in die reservaat betref, die natuurskoon is asemrowend en die spruite was almal vol skoon water. Die wild is baie mak en gewoont aan perde, so dat van die ruiters tot so naby as ± 50m van 2 Renosters af gestaan en toekyk het. Die ander wild nl. Eland, Blouwildebeeste, Blesbokke en Zebras was net so rustig in die teenwoordigheid van die perde en hul ruiters. Op die 18de het ons na oom Carel Jacobsz se gewese plaas gery waar ons deur berge en oor stroompies gery het met groot vlaktes wat alle kante toe sprei. Die veld was baie nat en daar was kort-kort ondergrondse water wat die terrein lekker sag gemaak het. Na die rit was dit vir die kinders reguit swembad toe en 'n paar van die manne het die "kuier opblaas-swembadjie" betrek, waar daar af en toe 'n perd hul kop tussen die kuierende mense gedruk het om te kom water drink. Die aand van die 18de het almal skaap-op-spit geniet saam met heerlike krummelpap en sous. Saterdag die 19de was daar weer 'n kort rit in die Natuurreservaat, meer in 'n ander rigting as die vorige rit. Na die rit is almal weer in hul verskeie rigtings, hetsy swem, kuier in die opblaas-swembad, of 'n middag slapie vir die moëes. Die aand het dit redelik hard gereën en was daar besluit om "russian en chips" te bestel vir aandete. Sondag het almal stuk-stuk begin oppak en perde laai met 'n belofte van "volgende jaar doen ons dit weer". Wat 'n onvergeetlike rit! Ons wil hiermee ook Badplaas Forever Resorts bedank dat hul ons die geleentheid gun om ons jaarlikse plesier rit daar by hulle te hou.
Verskaf deur: Frikkie Combrinck, Wim Jacobsz & Juanita Murray
~#~ Opkomende Aktiwiteite / Upcoming Events ~#~
Keuringstoere:
10 Maart 2010 Morgenzon Landbou Akademie = Gloorwin Amelia Mostert = Amorest JR Buhrmann = Feniks Kobus en Rudi Kemp = Opstaan
11 Maart 2010 Riaan Oberholzer = Bontstaan Danie Zietsman = Goudhoek Kobus Louw = Chaje
12 Maart 2010 Paula Rautenbach = George-Frederick Nick Jooste = Janic HMI Schoonraad = Paardekop JA Van Wyk = Anrole --- 13 Maart 2010 - Algemene Jaarvergadering/ Annual General Meeting - Bosparaat --- 30 Maart 2010 JH Van Wyk = Galant JW Uys = Hooggenoeg Marthinus Botha en Chris Coetzee = Bothasberg
6 April 2010 Andre Pretorius = Nandre Sias Horn = Sianda Theunis Pretorius = Mahashi Willie Jacobsz = Lujana Jacobsz Familie = Calela
7 April 2010 Manie & Mandy Hancke = Carel Hancke Vic Hancke = Hancke
8 April 2010 R De Wet = Tokoza Frikkie Combrink = Tokoza Manie Louwrens = Sanlouw Dr Sameul Louw = Louwvliet Fanie Schoeman = Roeper *** 22 April 2010 Hings Keuring = Ermelo Skougronde ***
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Last Updated ( Friday, 05 March 2010 16:59 ) |
Clubs 

















