| Free State |
|
|
|
![]() 1.] Bestuur / Management: = Chairman / Voorsitter =
Mnr Henry Krog Kontak Nr. / Contact Nr.: + 27 (0)72 228 - 3641 = Secretary / Sekretaresse =
Me Liezelle Whitehead Kontak Nr. / Contact Nr.: + 27 (0)82 361 - 0158 = Treasurer / Tessourier =
Mnr Danie Louw Kontak Nr. / Contact Nr.: + 27 (0)82 829 - 8344 = Additional / Addisioneel =
Mnr Jannie Bosch Kontak Nr. / Contact Nr.: + 27 (0)82 967 - 1808 = Additional / Addisioneel =
Charles van Schalkwyk Kontak Nr. / Contact Nr.: + 27 (0)82 821 - 7940 2.] Algemeen / General: Die Vrystaat is die streek met die 3de meeste lede in die SA Boerperd Telersgenootskap. Op 16 Junie 2007 is 'n Stigtingsvergadering vir die Vrystaat Klub gehou te Roemryk Stoet (Mnr Lomon Terreblanch), distrik Edenville. 'n Bestuur is gekies om die Klub op die been te kry. Ledegelde: R100 per gesin per jaar Bank Besonderhede: Vrystaat SA Boerperdklub
Absa Kroonstad Spaar rek no 921 9422 787 U kan u naam en van as verwysing op die deposito strokie aanbring.
3.] Nuus / News: Liewe Boerperd Vriende! Goeiedag Vriende!
Ons het 'n heerlike Nuwejaars rit by Michiel Burger gehad. Gaan kyk gerus op die SA Boerperd webblad onder “People” -> “Clubs” -> “Free – State” vir 'n hele klompie foto's van die rit en die mense wat saam met ons was.
Indien enige van u voorstelle of idees vir hierdie jaar het tov ons Boerperd, moet u nie vir 'n oomblik huiwer om ons te kontak nie. Ons beplan wel 'n hele paar interessante aktiwiteite, waarvan 'n kursus in basiese, toepaslike genetika en stoet seleksie maar een is.
Die Vrystaat klub bied hierdie jaar twee skoue, Senekal (8 tot 10 April) en Bloemfontein (26, 27 April) aan en ons is op soek na borge. Indien u van enige moontlike borg weet wat ons kan kontak, sal dit hoog op prys gestel word indien u vir Henry Krog sal laat weet.
Die Vrystaat Keuringstoer vind plaas vanaf 16 – 19 Maart 2010. Keurders sal self afsprake maak met telers. Telers MOET seker maak van die volgende: 1.] Jou rekening by die Telersgenootskap moet opbetaald wees. 2.] Perde moet halter mak wees. 3.] Tatoëering moet duidelik wees. 4.] Kuddebrand moet sigbaar wees. Die hingskeuring sal plaasvind by Michiel Burger, Rosendal, 5 Junie 2010
'n Woord van dank vir die flinke betaling van u klub ledegelde - ons het groot waardering daarvoor.
Ek laat u solank weet dat daar 'n klub AJV tydens die Senekal skou gehou sal word - ek sal u op hoogte hou van die datum en tyd.
En dan wil ons as klub vir Leticia Engelbrecht van die Madeira stoet baie geluk wens met haar prestasie tydens die Nasionale Jeugskou in Magaliesburg. Sy het 'n uitstekende 2de plek behaal!
'n Lekker week vir u en laat weet asb indien daar enige SA Boerperd nuus in u omgewing is!
Boerperd Groete Liezelle Whitehead Klub Hemp:
4.] Opkomende Aktiwiteite / Upcoming Events: BLOEMFONTEIN SKOU Datum: 26 & 27 April 2010 Plek: Bloemfontein Skougronde (saam met Bloemfontein Reënboogskou) SIEN JULLE ALMAL DAAR!!! SENEKAL SKOU Datum: 8 - 10 April 2010.
Vrystaat SA Boerperdklub Plesierrit Rosendal
Donderdag-oggend 31 Des 2009 pak ek my perde, my trommeltjie en my tentjie. Ek sien uit na ons jaarlikse plesierrit wat by Michiel en Carien Burger in die lieflike Rosendal omgewing plaasvind. My klein Johan is gewapen met ‘n krieketkolf, sokkerbal en swembroek – as die Burgers maar weet wat op hul wag! Daar aangekom, is daar oorgenoeg jong manne wat graag help aflaai, aandra en my woning staan kry onder ‘n groot ou akkerboom. Een van die wonders van sulke plesierritte is om die kinders en jongmense dop te hou, want soveel vriendelikheid en entoesiasme sien mens min. Van perd vang, opsaal, skottelgoed wegdra tot konsert hou. Dit was nie ‘n minuut nie, toe het die groot seuns ‘n stertjie, die dogters ‘n aanhanger en hierdie ma nie meer ‘n seuntjie nie! Heerlik om ou vriende weer te sien, die Da Silva familie wat ons verlede jaar leer ken het, Lomon en Rina-Marie, die Burgers en my Oompie Chris Koch en sy “pretty” Belinda. Danie Louw wat vir voltydse vermaak sorg en tussen-deur staatmaker Henry en Chireen Krog wat die gom van ons klub is.
‘n Riem onder die hart is die nuwelinge wat by ons aangesluit het. Al die pad van Natal af het Lewis en Sonja Smuts kom saamry – hul 5 jarige dogtertjie berg-op en berg-af alleen op haar ponie. Sakkie en Stefanie, met die liggies in haar oë, en hul dogter Chantelle met haar pragtige bont poon al die pad van Viljoenskroon af. Dick en Mara het met die lekkerste toegeruste Echo kampwa in die tuin kom nesskop en Mara se suster Amanda en seun Christiaan, al die pad van Kanada af. Wat ‘n lekkerte toe Francois en Marnus uit die bloute met hul tent en perde daar uitslaan en besluit dat dit die plek is waar hulle die ou jaar wil uit en die nuwe wil in. Charles al die pad van Kimberley af en heel in sy skik met die vas-op-haar-voete-geleende-Moolmanshoek-perd. Vir Marie Winnard, altyd aan die hardloop agter HQ se skerms, het ek die ewige staatmaker Moolman saamgebring. Morne en sy gesin, van Kruiskyk TV, het die naweek saam met ons deurgebring en wat ‘n plesier om te sien hoe sy dogter na haar eerste rit soos ‘n ou gesoute ruiter lyk. Ek vermoed rylesse in Jhb gaan volg! My goeie vriendin Andrea, vir wie ek al jare saamsleep na Boerperd veilings en skoue en haar man Peter, het heerllik saamgekuier. Wade, my man, het Vrydag by ons aangesluit en dit so geniet om weer perd te ry dat hy homself vir ‘n uithourit in Feb ingegooi het! Herman en Frans, Michiel se broers, het keer op keer reg gestaan by die braaivleisvure en ‘n rustige tevredenheid na ons toe gebring. En dan, sonder die gerief van Wiesman se geleende perde, sou ons nie in elke persoon se behoeftes kon voorsien nie. Sy span bestaande uit Rosemary, RJ, en Niklaas was goud werd.
Die eerste dag se rit was ‘n gemaklike 3 uur rit in tipiese, pragtige sandsteen berge. Sekere opdraandes en afdraandes het menige persoon van hul normale sorge laat vergeet. Die middag het ons die perde geneem om te gaan swem en dit het soos gewoonlik groot pret verskaf. Hoeveel genot verskaf ‘n mens se perd jou nie! Daarna het die reën ons effe gekniehalter. Saterdag 3 Januarie was ‘n stoepkuier dag met fyn reën wat deurgaans geval het. Op ‘n groot stoep om ‘n groot tafel het ons gesels, gelag, koffie gedrink, geëet, koffie gedrink, geëet, gelag, koffie gedrink! Die samesyn van so ‘n dag is wat mens lank na die tyd bybly. Die kos was soos altyd heerlik en ingedeelde kosspanne het die potte aan die kook gehou. Lomon se potjie was ‘n wenner en Carien se krummelpap met melk en baie suiker, het van my Johan ‘n 3-keer-‘n-dag-mieliepap-eter gemaak.
Saterdagaand was weer huiskonsert-tyd. Vir alle toeskouers ‘n gunsteling, vir sommige deelnemers ‘n nagmerrie en vir ander deelnemers ‘n vreugde! Nodeloos om te sê; die vermaak was van uitstaande gehalte. Ek wil so ver gaan om te sê dat die jong mense die groot mense ver voor is. En heel voor is die jong manne by name Tienie, Frans, Michiel en Pieter. Tweede jaar in ‘n ry!
Sondagoggend het ons dou-voor-dag weggespring op ‘n heerlik verfrissende rit en al wat ruiter is, het met blink oë en rooi wange teruggekeer na Michiel en Carien se pragtige sandsteenhuis toe, reg vir ‘n bord spek en eiers.
Dis tye soos hierdie wat mens in jou hart bêre. Die Plaas:
Die Skilderagtige uitsig...
Opsaal:
Wegtrek: Die rit begin: Ons Gasvrou, Carien Burger, ry saam...
'n Paar van die 54 deelnemende ruiters...
Halfpad: Rustyd bo - op 'n berg:
Terug by die huis, tyd vir ontspan & kuier: 'n Man raak moeg as jy moet berg - op - en - af ry, veral as jy gewoont is aan die plat vlaktes van Kimberley...
Die Heerlike kuier - stoep...
Tyd vir swem in die dam:
Toeskouers...
Etenstye...!
Die Plaaswerk moet ook voortgaan, al hou ons Plesierrit: Sommige Boerseuns is nie meer so tough soos voorheen nie, maar wel slim genoeg om sy perd so te leer:
Die Konsert: Lights, Camera, ACTION!
'n Liedjie
Moderne weergawe van Rooikappie
3 Bobbejane hang aan 'n telefoon draad...!
"It's the Bee on the Ball, and that is all"
Dancing Girls
Geskiedenis van 'n Plesierrit (ons dink altans dis wat dit was...?)
...met 'n LEEULOOP daarby...!
"Blondie" ry vir die eerste keer perd...!
Die Seremonie Meester, ook Gasheer van die Rit en President van die Telersgenootskap: Michiel Burger
Die Gehoor
Vir party het die dag, die opwinding en gebeure net te veel geraak: Klub Voorsitter Henry Krog en kroos
No job is finished untill the paperwork is done
Danie Louw, Klub Tessourier, hard besig met die Boekhou
Die Perde:
Die hartseer afpreek, oppak, oplaai en huistoe gaan:
Maar ons sien reeds uit na "DIE VOLGENDE KEER..."
Fotos en berig met dank aan Wade & Liezelle Whitehead
|
|
| Last Updated ( Saturday, 27 February 2010 21:00 ) |
Clubs 





































































