Friday, 10 September 2010
Breed History PDF Print E-mail
Article Index
Breed History
The Anglo-Boer War Heritage
The Blood lines
The Modern Era...
The law...
Another, Different, Chapter
All Pages
The Law...

Wanneer is 'n Perd 'n SA Boerperd?
[deur Mnr Carel Jacobsz]

Die hoefyster met die “B” binne in (B), is ‘n geregistreerde handelsmerk ten gunste van die SA Boerperdtelersgenootskap en indien ‘n perd gebrand is met die “Boerperd brand op die regterboud” is dit ‘n geregistreerde SA Boerperd met die nodige dokumente of registrasie sertifikate ter stawing daarvan. Rekords daarvan sal beskikbaar wees by :
1.] Die teler of huidige eienaar.
2.] Die genootskap se Kantoor.
3.] SA Stamboekvereniging.

Keuring begin in effek die dag as ‘n vul gebore word. Elke teler het ‘n ideal van die “volmaakte” perd en daarvolgens beplan ‘n teler sy parings met sy beskikbare teelmateriaal.
Ons as telers wag met belangstelling en nuuskierige hoop op die geboorte van elke jaar se vul oes en die groei van die vullens die eerste paar maande word belangstellend dopgehou. In daardie eerste maande van die vul se lewe vorm die teler sy opinie van elke vul en dis hoekom ek sê keuring (of seleksie) begin eintlik by die vul se geboorte.
“Set your goal high. You may not reach it, but you'll put on muscle climbing towards it.”

Omdat die SA Boerperdtelersgenootskap bestaan uit baie telers (elk met sy eie ideal) wat teel uit verskillende bloedlyne wat binne die ras fenotipies in ‘n mate effens kan verskil, is dit nodig dat ‘n “ideale Boerperd” aan die lede voorgehou sal word. Die strewe van elke teler behoort daardie “ideale Boerperd” te wees. Om hierdie rede bestaan daar “Rasstandaarde van die SA Boerperd” waaraan die afgelope 33 jaar voortdurend aandag gegee word.

Dit is my oorwoë mening dat die een enkele rede vir die sukses van die SA Boerperd die laaste 33 jaar die feit is dat ons ‘n keuringstelsel toepas in ons Genootskap.
Die Rasstandaarde van die SA Boerperd word tydens keuring toegepas deur keurders wat deur die Raad van die Genootskap aangestel is nadat hulle die nodige kwalifikasies behaal het.
Keuring behels dat die perde aan ‘n minimum standard moet voldoen voordat hulle aanvaar kan word as synde ‘n SA Boerperd te wees.

As ‘n vul gebore word, word ‘n vulpapier of vulsertifikaat vir elke vul uitgeskryf waarin ALLE besonderhede van die vul aangeteken word nl: geboorte datum, geslag, naam van vul, stoetery se naam, vaar en moer se name en registrasie nommers, beskrywing van kleurmerke, asook ‘n tatoëer nommer wat toegeken word vir identifikasie doeleindes. ‘n Afskrif van hierdie besonderhede word na die kantoor van die Genootskap gestuur vir rekord doeleindes.
Indien perde van eienaarskap verwissel, word die perde se registrasie sertifikate of vul papiere deur die verkoper na die Telersgenootskap se kantoor gestuur, wie die oordrag na die nuwe eienaar sal dokumenteer en die nuwe eienaar dan van ‘n registrasie sertifikaat sal voorsien.

Voordat ‘n vul 12 maande oud is, moet die toegekende tatoëer nommer op die vul se boonste tandvleis getatoëer word. Dis ‘n numeriese nommer bestaande uit die teler se stoet nommer asook die volg nommer beginnende by 1, bv: 10 - 1.
Wanneer ‘n perd 2 en ½ jaar oud is, word daar aansoek gedoen by die Genootskap dat die keurders ‘n teler se perd of perde kan keur. Gewoonlik sal ‘n teler self die diere wat vir hom nie op standaard is nie, self uitskot voor die keuring plaasvind. Bouvorm en ander kursusse word gereeld aangebied sodat lede self meer te wete kan kom van die rasstandaarde en die praktiese toepassing daarvan.

Keurders besoek die telers gewoonlik in Februarie of Maart van die jaar. Keurders sal hulself vergewis dat die perd se beskrywing op die vulpapier ooreenstem met die perd voor hom en dat die tatoëer nommer korrek is. Daarna word die perd volgens die onder afdelings van die rasstandaard gekeur. Indien goedgekeur, kry die perd die (B) (geregistreerde Boerperd brand) op die regterboud.
‘n Registrasie sertifikaat word dan deur die SA Stamboekvereniging vir die spesifieke perd uitgereik met ‘n rekenaar registrasie nommer. Rekords van alle geregistreerde perde word ook in die databasis van die SA Stamboekvereniging en die SA Boerperdtelersgenootskap op geneem.

Sedert 2005 word alle hingste, wat voor keuring kom, op ‘n streeksbasis op drie of vier verskillende plekke in SA op ‘n gesamentlike hings keuring voorgebring om gekeur en gebrand te word. Drie keurders sal dan die groep hingste in ‘n streek evalueer, eers as ‘n groep en daarna individueel. Die doel daarvan is dan ook om meer eenvormigheid in die ras te verkry. Terselfdertyd is dit ‘n leerskool vir teenswoordige telers en ander belangstellendes. Hingste sal dus in die toekoms, behalwe in uitsonderlike gevalle, nie meer op telers se persele gekeur word nie.

Die minimum standaarde volgens ‘n puntestaat is onlangs verhoog en volgens dit moet Hingste 75% behaal, Merries 70% en Reuns 65% om gebrand en geregistreer te word as SA Boerperde. Daar word op die volgende onder afdelings gelet, nl:

* Algemene Voorkoms.
* Kop.
* Nek.
* Voorlyf.
* Voorbene.
* Middelstuk.
* Agterkwart.
* Agterbene.
* Hoewe.
* Beweging.
* Tipe.
* Temperament.

Elke afdeling tel uit 100, met ‘n minimum vir elke onder afdeling. Indien ‘n perd minder as die minimum in een onder afdeling kry, word die perd af gekeur.
Indien die betrokke keurders onseker is, of indien die verlangde persentasie nie behaal word nie, kan so ‘n perd vir ‘n jaar oorgestaan word om te sien of die dier na ‘n jaar en op ‘n meer volwasse stadium, die verlangde standaard sal behaal.

Die temperament van elke perd word ook so ver moontlik geëvalueer tydens die keuring. Verder moet die eksterne geslagsorgane van hingste ook besigtig word.
Om eenvormigheid in die ras te verhoog en te behou, word sterk gelet op die tipe (fenotipe) om in te pas by die standaard wat gestel word.

Om die genotipe of die genetiese eienskappe te bewaar en te beskerm word alle perde wat gekeur is, en gebruik word vir teling, se DNA eienskappe opgeteken en deur die Landbounavorsingsraad (LNR) in ‘n databasis bewaar. Alle vullens wat gebore word se ouers moet “ge - DNA” wees volgens die grondwetlike bepalings van die SA Boerperdtelersgenootskap.

Die keurders het ‘n groot verantwoordelikheid teenoor die telers en teenoor die suksesvolle voortbestaan van die SA Boerperd as ras.
Graag bedank ons ons keurders vir die diens wat hulle lewer in hul eie tyd.

Last Updated ( Friday, 23 April 2010 21:27 )