| Articles |
|
|
|
|
SA Boerperd Nasionale Ruiterkuns Span 2012 Die pas afgelope proewe wat 7 Januarie in Bloemfontein gehou is, het baie suksesvol afgeloop. 'n SA Boerperd Nasionale Span van 5 ruiters sowel as 2 nie-reisende reserwes bo 12 jaar maar onder 19 jaar oud is gekies om van 4 tot 7 Julie 2012 in Amerika teen 'n Morgan Ruiterkuns Span te gaan deelneem. Baie geluk aan die volgende kinders: Span
Dedré Cloete
Riekie Engelbrecht
Kristen Joubert
Linda Meintjies
Hans Schutte
Reserwes
Judith Bosman
Ansie Uys
Al 7 hierdie kinders sal die oefenkampe waartydens hul afrondingslesse van George Borchards (die span afrigter) sal ontvang, meemaak. Ons is baie trots op julle, glo in julle en wens julle alle sterkte toe!
SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP Span foto:
Links na Regs: Dedrè Cloete, Riekie Engelbrecht, Kristen Joubert, Linda Meintjies, Hans Schutte, Judith Bosman, Ansie Uys Span saam met die Keurders:
Keurders: Hedwig Schoonraad, George Borchards (afrigter) & Sue Goodman Span saam met hulle Ouers en Afrigters:
*** ~~ *** . |
| Last Updated ( Friday, 13 January 2012 20:27 ) |





